Website in English
my fotografie
my websites
my toere
kontak my

Web Dienste

Ek poog om aan my kliente 'n volledige diens te lewer. In hierdie wêreld wat ons tans beleef, wat geweldig staatmaak op rekenaar tegnologie, en al hoe meer op die wye internet omgewing, kan ek my kliënte bystaan met die volgende:

web ontwerp en publikasie
Behalwe dat 'n webblad vir die kyker visueel aantreklik moet wees, moet dit in my opinie so ontwikkel word dat die sukses daarvan gemeet kan word en nie slegs as uitgawe beskou word nie.

webblad onderhoud
Nie net is die internet 'n wonderlike wêreld nie, dit is ook een wat baie lewendig is. Dit verstom my soms hoeveel webtuistes inligting bevat wat nie opdateer word en op datum gehou word nie.

"hosting"
Om u webblad aan die wye publiek sigbaar te maak, moet dit iewers op 'n rekenaar geplaas word waar enigiemand die inligting kan lees. Ek bied hierdie diens asook die registrasie van name ens aan. Meer inligting hier te sien.

optimalisering van webruimte
Ondervinding het geleer dat niks op die internet sommer vanself gebeur nie. Deur die internet en sy gebruikspatrone te bestudeer, is dit wel moontlik om 'n webblad, bestaande of nuut, so aan te pas (gewoonlik sonder om die gesig te verander) dat die boodskap duideliker en aan meer mense sigbaar gemaak kan word.

Vir meer inligting oor enige van die bostaande, sonder verpligting, kontak my hier
Hier is voorbeelde van my werk
website met trots aangebied deur a-host