|
Reise en Toere
Ons woon op 'n ongelooflike mooi wêreld - met 'n bekoring wat ons nie altyd na waarde waardeer nie. Ek is volkome gelukkig op pad iewers heen, in die natuur, agter my kamera. Om dit te deel met ander is vir my 'n bonus en daarom neem ek gereeld klein groepe, as gids, na verskillende, gewone of ongewone bestemmings. Natuurlik met 'n kamera in die hand. Indien u graag 'n deel van die wêreld saam met my wil ervaar, of miskien het u 'n bestemming in gedagte en wil nie betrokke raak met reëlings nie, kontak my hier en geniet die toer saam met my. Ek is goed daarmee om fotografiese of ander toere te reël - of om dit wat u wil sien/fotografeer te vind. Sonder om reels te breek sal ek agteroor buig om aa u daardie onvergeetlike toer van 'n leeftyd te bied. |