terme en voorwaardes vir die gebruik van hierdie webtuiste
Privaatheid
Ons hier by fotodigi.co.za respekteer u privaatheid. Waar ons vir u kontak inligting sou vra is dit om aan u 'n diens
te lewer. Ons gebruik nie u inligting vir enige ander redes nie. Ons verkoop of versprei ook nie u inligting aan
ander instansies nie.
© Kopiereg
© Kopiereg op die ontwerp en inhoud van hierdie webtuiste behoort aan fotodigi.co.za
Geen inligting mag gekopieer of gebruik word op enige wyse sonder ons vooraf skriftelike toestemming nie.
© Kopiereg op fotos en afbeeldings word ook gehou deur fotodigi.co.za (tensy anders vermeld) en mag nie gebruik
word sonder ons vooraf skriftelike toestemming nie. Afdrukke kan ook gekoop word.
Vrywaring
Hierdie webblad word gepubliseer om inligting aan u te voorsien en aan u 'n diens te lewer. Die dienste wat ons
lewer kan slegs geskied nadat ons skriftelik aan u bevestig het wat presies die diens behels en ons ooreengekom
het op betaling vir die diens. Geen inligting of diens wat hierin gepubliseer is kan ge-ag word as bindend sonder
onderhandeling en skriftelike bevestiging nie. Sover moontlik was die inligting wat ons plaas korrek ten tye van
die publikasie daarvan. Ongelukkig het ons as eienaars en/of ons agente geen beheer oor sodanige inligting nie
en kan ons dus geen verantwoordelikheid aanvaar vir die akkuraatheid van die inligting nie. Ons kan ook geen
verantwoordelikheid aanvaar vir enige verlies of skade wat volg op die gebruik, of onvermoë om te gebruik, van
enige inligting geplaas op hierdie webtuiste nie. Ons stel voor dat u inligting verifieer voor gebruik.
Veranderinge
fotodigi.co.za, sy eienaars en/of agente behou die reg om te enige tyd veranderinge te maak aan hierdie webblad,
insluitend die uitleg en inhoud, sonder vooraf kennisgewing.
Toepaslike wetgewing
Hierdie webblad is geskep word onderhou en beheer in die Republiek van Suid Afrika. As sulks is
die wette van die Republiek van Suid Afrika en die jurisdiksie van Suid Afrikaanse howe van toepassing
by die gebruik van hierdie webblad, of die onvermoë om dit te gebruik.