|
Hi, Wat sê mens oor jouself, gewoonlik te veel of, soos ek, Faure Coetzee, te min. Wat my betref is ek net nog 'n gemiddelde gelukkige, trotse, hardkoppige, Afrikaner. Op my ouderdom het ek begin agtergekom dat die lewe net soveel mooier is as jy tyd maak om te sien hoe hy lyk. En nog mooier as jy dit op film kan vaslê. Soos meeste ander mense het ek gekom waar ek is deur baie stampe en stote. Vandag is ek trots en passievol oor wat om my is, veral my familie, my lewe, my taal. Bedags, as ek tuis is, is ek by Villa 10 . Die res van die tyd probeer ek op die pad, iewers weg van die huis af deurbring. En waar moontlik, nie alleen nie. |
en met trots aangebied deur