|
Toere en Reise
Ons woon in 'n baie mooi land - ook een waarvan ons nie altyd die skoonheid waardeer nie. Ek sal my lewe op die pad, in die natuur en agter 'n kamera kan deurbring. Sit daarby die feit dat ek hierdie liefde graag met ander deel en jy verstaan waarom ek as gids ander mense neem na die gewone en ongewone bestemmings. Natuurlik altyd met 'n kamera. Baseer op toere wat reeds onderneem is, en gedagtig aan pragtige plekke wat ek soms besoek, lys ek hier enkele voorgestelde toere en nooi jou vriendelik om my te vergesel. Elkeen van die bestemmings is 'n foto paradys. Indien jy saam met my die wêreld wil sien, of dalk 'n bestemming in gedagte het om te geniet en die beslommernis aan my wil oorlaat, kontak my hier en geniet die reis. Sonder om reels te buig sal ek agteroor buig om u die toer van 'n leeftyd te gee. Notas oor sommige van my vorige reise - Hierdie bladsy sal gereeld op datum gebring word |
en met trots aangebied deur