|
Web Dienste
Ek poog om aan my kliente 'n volledige diens te lewer. In hierdie węreld wat ons tans beleef, wat geweldig staatmaak op rekenaar tegnologie, en al hoe meer op die wye internet omgewing, kan ek my kliente bystaan met die volgende: web ontwerp en publikasie Behalwe dat 'n webblad vir die kyker visueel aantreklik moet wees, moet dit in my opinie so ontwikkel word dat die sukses daarvan gemeet kan word en nie slegs as uitgawe beskou word nie. webblad onderhoud Nie net is die internet 'n wonderlike węreld nie, dit is ook een wat baie lewendig is. Dit verstom my soms hoeveel webtuistes inligting bevat wat nie opdateer word en op datum gehou word nie. "hosting" Om u webblad aan die wye publiek sigbaar te maak, moet dit iewers op 'n rekenaar geplaas word waar enigiemand die inligting kan lees. Ek bied hierdie diens asook die registrasie van name ens aan. Meer inligting hier te sien. optimalisering van webruimte Ondervinding het geleer dat niks op die internet sommer vanself gebeur nie. Deur die internet en sy gebruikspatrone te bestudeer, is dit wel moontlik om 'n webblad, bestaande of nuut, so aan te pas (gewoonlik sonder om die gesig te verander) dat die boodskap duideliker en aan meer mense sigbaar gemaak kan word. Vir meer inligting oor enige van die bostaande, sonder verpligting, kontak my hier |
en met trots aangebied deur